Wakkerstroom Music Festival – CHAIRPERSON’S REPORT 2017 

WMF 2017 Annual Report Chairperson

 

ANNUAL GENERAL MEETING

19 August 2017, 15:00 at Papillon, Wakkerstroom

 

CHAIRPERSON’S REPORT

 

On behalf of the Board of Directors, it is my pleasure to submit the Annual Report of the Wakkerstroom Music  Festival.

The success of the eighth consecutive Wakkerstroom Music Festival can again be ascribed to the competent members of the Board and planning committee: Nigel Manson (secretary), Sean Pyott (treasurer), Lizzie Lack, Hannie van Bergen, Chris Mostert, Carol Preston, Claudine Spencer, Sylvie Armitage, Grant du Plessis, Paul Grobler and many other supporting members of the community who devoted generously their time to the festival. Their efforts once again confirm the sustainability of the Wakkerstroom Music Festival. The 2017 Wakkerstroom Music Festival is an event that brings together some of the most talented artists – established professionals and emerging young artists – to indulge in their love for classical music.

The Wakkerstroom Music Festival’s vision, mission and aims are the criteria against which each Wakkerstroom Music Festival can be measured.

 

  1. 1. Vision, mission and aims

1.1      Vision

To annually present a sustainable classical music festival of exceptional quality and a biannual music bursary competition:

  • 2017 being the eighth Wakkerstroom Music Festival proves again its continued sustainability.
  • The eighth Wakkerstroom Music Festival took place over the weekend of 17-20 March 2017, and hosted 49 concerts with 165 artists.

1.2      Mission

To create a unique platform through which classical music in South Africa will be promoted in all its forms:

  • The concerts at the 2017 festival covered various classical music genres i.e. Baroque, Chamber Music, Choral, Classical Crossover, High Classical, Opera, Orchestral, Renaissance and Romantic as well as Classical Ballet.
  • The 2017 WMF also introduced classical Indian music to the festival which was received extremely favourable.

1.3      Aims

The Wakkerstroom Music Festival has set the following aims:

  • Offering a wide variety of classical music productions,
  • Organising a high profile gala event.
  • Cooperating with the local secondary and tertiary institutions to expose their students to a practical learning experience.
  • Incorporating local classical music artists annually.
  • Actively raising sponsorships for the Wakkerstroom Music Festival,
  • A 75% attendance.

The following aims were achieved this year:

o  49 performances ranging from classical music, jazz and Indian classical music were showcased.

o  Students from the University of Pretoria performed together with professional artists.

o  Primary and high school learners from Pretoria, Lady Smith, Newcastle and Wakkerstroom participate in recitals.

o  Hilton Primary School’s Marimba Band, Youth Dance Company Tshwane and Bel Canto Bells showcased their professional artistry.

o  Friends of the Wakkerstroom Music Festival 2017, who sponsored artists and performances, were mentioned at the relevant concerts as well as in the printed programme.

o  Richard Cock, well-known conductor and ClassicFM Radio presenter, acted as master of ceremonies for the 2017 Wakkerstroom Music Festival’s Gala Concert.

o  The gala concert with all tickets sold out proved to be consecutively one of the most popular events at the Wakkerstroom Music Festival.

o  Total ticket sales increased and 716 more tickets were sold in 2017.

o  Donations decreased to R95 000 in 2017 from R191 000 in 2016.

o  The 2017 Wakkerstroom Music Festival was the third year the festival collaborated with the Tshwane University of Technology’s Department of Entertainment Technology for lighting and sound management and assistance. The students were mentored by their lecturers and their work at the Wakkerstroom Music Festival was assessed as part of their practical exams.  The Wakkerstroom Music Festival hopes to continue this collaboration.

o  The Wakkerstroom Music Festival also received excellent reviews in the daily paper, Beeld, by Paul Boekooi – Refer to addendum A.

o  The Wakkerstroom Music Festival started a marimba school with local children and teachers participating in this project which ensures the promotion of classical music in rural communities. The WMF Marimba Band also performed at the 2017 Wakkerstroom Music Festival.

o  The Wakkerstroom Music Festival initiated a community festival choir who successfully performed with professional artists at the gala concert.

The ninth Wakkerstroom Music Festival will be held 16-18 March 2018. During these dates approximately 25 –

30 concerts are planned.

1.4      Conclusion

In conclusion, the above confirms that the Wakkerstroom Music Festival is a valuable contribution to the South African classical music scene. Matters that need to be addressed in future are among others increased participation of local communities, as well as more donations and long-term sponsorships.

The Wakkerstroom Music Festival is not only a festival for its audiences, but also for the artists. The festival provides a safe haven where they can network, appreciate each other’s artistry, invent new ideas and inspiration for a fresh take on a specialised art form. To quote Leonard Bernstein: “Any great work of art…revives and re-adapts time and space, and the measure of its success is the extent to which it makes you an inhabitant of that world – the extent to which it invites you in and lets you breathe its strange, special air.”

The Wakkerstroom Music Festival succeeds admirably in inviting the audience and the artists to breathe the creative air of classical music in Wakkerstroom in contemporary South-Africa.

Yours sincerely

CHAIRPERSON: LINETTE VAN DER MERWE

ADDENDUM A

 

Wakkerstroom Musiekfees oase vir musikale kleinkuns

 

Deur: Paul Boekkooi | Netwerk24 28 Maart 2017

Oor agt jare het die Wakkerstroom Musiekfees in Mpumalanga kultureel ontpop as ’n oase vir die liefhebbers van musikale kleinkuns. In die eerste van twee oorsigte fokus Paul Boekkooi op die instrumentale aanbod.

Die rustieke omgewing en aard van Wakkerstroom is die ideale stimulus om jou ten volle oor te gee aan die grenslose betowering van musiek in al sy vorms en gedaantes: klassiek, jazz, Afrikagetint, Indies, vokaal, instrumentaal, ballet en variasies daarvan.

’n Mens word weer eens daarvan oortuig dat klankkuns in al sy diverse vergestaltings die mensdom op

’n emosionele vlak kan saambind soos weinig ander tydverdrywe.

Musici en sangers is soos profete van ouds wat dié filosofie lewend hou en die draers word van die ikonografie rondom Sint Cecilia, hul beskermvrou.

Wakkerstroom 2017 se aanbod was wyd en toon ’n groei in diversiteit in vergelyking met vorige jare.

Dit is feeste soos dié wat dit vir beroepsmusici die moeite werd maak om buite hul daaglikse professionele lewe as musici, onderwysers, lektore en repetiteurs te dink en in die proses spesiale programme vir ’n fees saam te stel, al is sekeres van hulle geleentheidsensembles.

Onder die titel “Viola Fantasy” het twee bekende altvioliste, Morkel Combrinck en sy vrou, Judith Klins, die klem sterk op die veelsydigheid en ekspressiwiteit van die altviool geplaas. In ’n transponering van Bach se Concerto vir twee viole is daar met ’n sterk gevoel vir ritmiese plooibaarheid binne die Barok-idioom gemusiseer, met ’n soliede en uitdrukkingsvolle aandeel deur Eugene Joubert, hul pianis.

Klins het in Hindemith se Altvioolsonate die werk se idiomatiese omvangrykheid in al sy fasette oorgedra, met spel waarin die komponis se opvallende eiesinnigheid (wat hom van sy tydgenote onderskei) na vore kon kom. In Schumann se Märchenerzählungen, opus 132, is die tipiese ernstig- liriese aard van die komponis na vore gebring, al is hierin al op ’n subtiele manier die skadu van Schumann se dood hoorbaar.

John Reid Coulter, klawerbordspesialis in veral die Renaissance-, Barok- en lassieke eras, het in “The story of the harpsichord” ’n wydlopende geïllustreerdeprogram aangebied wat insiggewend maar ook by tye hoogs vermaaklik was.

Benewens ’n selfgeboude klavesimbel, het hy ook ’n virginaal en klavichord bespeel en spesifiek die verskille tussen hulle gedemonstreer. Sy uitvoering van talle kort werke van uiteenlopende komponiste was op ’n ongeëwenaarde vlak van diepte en insig.

’n Ander hoogtepunt was die Agathe Ensemble, ’n stryksekstet, se uitvoering van drie werke: Borodin se vroeë, tweedelige Sekstet in d, Keith Moss se verwerking van drie Novellettes (oorspronklik vir klavier) van Poulenc en Brahms se Sekstet no. 2 in G, opus 36.

Hierdie sestal musici lewe hulle ten volle in by elkeen van die komponiste se unieke skryfwyse en binne hul eie spektrum van uitdrukkingskrag. Borodin se reeds broeiende, tipies Russiese melancholie is raak getref en met talle skitterende, bykans solistiese frases omvou. Moss se hantering van Poulenc is uitsonderlik geslaagd binne ’n strykersklank “vertaal”, terwyl die ensemble in Brahms se meesterwerk die emosionele dieptes, maar ook die treffende jeugdige energie daarvan in hul spel weerspieël het.

Die dirigent Schalk van der Merwe het in Mozart se Simfonie no. 14, asook twee serenades vir strykers van onderskeidelik Kalinikof en Elgar, uiters konsensieus gemusiseer met lede van die Sempre Opera Instrumentale Ensemble. Die erns en korrektheid van sy leiding het soms, veral in die Elgar, veroorsaak dat opwellende spontaneïteit ontbreek het. Die grondslag is gelê vir ’n ensemble wat hopelik binnekort op meer verhoë gehoor gaan word.

Onder die jonger geslag instrumentaliste het veral die 14-jarige violis Eike Coetzee geskitter in sy program getiteld “Humoresque”. In musiek van Bach (die volledige, sewedelige Partita no. 3 in E), Beethoven, De Falla, Dvorák en ander het Coetzee, tot onlangs ’n leerling van prof. Jack de Wet), gewys dat hy ’n violis van wêreldklas kan word.

So ook het Johan Ferreira (hobo en Engelse horing) en Laetitia Orlandi iets spesiaals vermag in hul program “Art of the Oboe” met werke van C.P.E. Bach, Poulenc en Brahms. So boeiend, onderhoudend en uitdrukkingsvol was hul ontginning van die stemming agter die note, dat dit vir lank bly resoneer het.

Vokale kleinkuns in Wakkerstroom gevier

Deur Paul Boekkooi BEELD, 13 April 2017 11:38

Opera-aanbiedings op klein skaal is steeds in ons groter sentra te sien, terwyl programme van opera- arias, -duette, -trio’s, -ensembles en dies meer dikwels te hore is. Vokale kleinkuns is skaarser. Dit was verrassend om juis dié meer intieme vertakking van vokale kuns in temagedrewe programme vanjaar in Wakkerstroom te ervaar.

Een van dié uitvoerings wat ’n blywende indruk gelaat het, was “From Sea to Shining Sea” – ’n program van Amerikaanse liedere met ’n wye omvang, in verskillende style en soms met plaaslike geure, uitgevoer deur Christian Bester (bariton), Laetitia Orlandi (klavier) en Shannon Armer (Franse horing).

Die indrukwekkendste deel van hul program was die siklus getiteld A Clear Midnight deur Simon Sargon op gedigte van die legendariese Walt Whitman. Met Bester, wat tans in die VSA woon, se indringende voordrag, uitstekende diksie en gepas dramatiese en weloorwoë gesig- en liggaamsuitdrukkings, het die tekste voor jou oë begin leef. In ruim ’n uur lange program is emosies, van uiters broos tot lewenskragtig, oordeelkundig afgewissel deur dié sanger en sy twee mede-musici. Dit was ongetwyfeld die vokale hoogtepunt van die WMF 2017.

Ander sangers het eweneens voorspelbaarheid vermy met hul uitsonderlike programkeuses. Die tenoor Chris Mostert en die hoboïs Olivier Barrier het die grense in hul program “Discussions between Oboe and Tenor” verskuif.

Mostert het in Vaughan Wiliams se siklus Ten Blake Songs absoluut verstom met die ryke karakterisering van elkeen van die liedere. Elke strofe is vokaal ontledend deurdink en in die hoogste sfeer van vokale uitdrukkingskrag gerealiseer. Sulke voordrag transendeer nie net die teks nie, maar ook die musikale lyn. Uiters knap was veral ook die drie liedere wat onbegeleid gesing is.

Barrier was ’n inspirerende musikus wat Mostert se musikale gedagtegang afgerond en verder gevoer het. In sy uitvoering van Benjamin Britten se Six Metamorphoses after Ovid vir solo-hobo het hy elkeen van die mitologiese figure fantasieryk in sy spel gesuggereer. Mostert en Barrier se gesprekke was uiters sinvol.

Die sopraan Gretel Coetzee, met die fluitis Handri Loots en pianis Ebbie Becker, het in hul program “On Wings of Song” luisteraars se verbeelding behoorlik op loop gesit. In ’n wye verskeidenheid van Franse, Engelse, Afrikaanse, Duitse en Italiaanse liedere het Coetzee haar gemaklike, maar immer vokaal liriese en enkele kere meer dramatiese kwaliteite deurgaans op ’n hoë vlak oorgedra.

Niks het die intiem ekspressiewe suiwerheid van elke lied aangetas nie, terwyl Loots se obligaatspel en stukke vir solo-fluit deurleef, asook tegnies uiters verfynd, opgeklink het.

Met die Paastyd op koms, was die uitvoering van Pergolesi se Stabat Mater uiters gepas. Met slegs ’n strykkwartet as begeleiding was die uitvoering met Mostert en Walter Fourie (albei tenore) ’n ongewone geestelike ervaring.

Die program “Coffee and Baroque”, met Deidre Blignaut-Rautenbach (sopraan), Walter Fourie (tenoor), Danie Verster (bariton) en Eugene Joubert (klavier) het oorwegend die meer sekulêre kant van Bach met die “Koffiekantate” en Handel, met arias, ’n duet en twee klaviertranskripsies, in die kollig geplaas. Die vokale prestasies was hoogstaande en soms was van die humoristies dramatiese uitbeeldings in die kol.

In “Four Cellos and a Mezzo” het die meestertjellis Berthine van Schoor en van haar leerlinge ’n wye verskeidenheid van verwerkings vir meerdere tjello’s met geesdrif uitgevoer, terwyl die mezzosopraan Linette van der Merwe (terloops, ook die voorsitter van die WMF) haar by hulle aangesluit het vir ’n aantal Gershwin-liedjies wat nog kon doen met ietwat meer loslittige verwerkings.

Van Schoor se inisiatief om die oorwegend Indiese program “East Meets West” met outentieke Indiese instrumente (en sang!) op die fees te kry, was lofwaardig. Die blootstelling hieraan, asook haar intense, soms uiters virtuose improvisasies, het naatloos aangesluit by die meevoerende spel van haar kollegas.

Van der Merwe en haar komitee moet gelukgewens word met ’n fees wat waarlik dié beskrywing waardig is.

 

Post a Comment

You must be logged in to post a comment.